Sage50cloud/V19 Pastel Partner Intermediate kursus

About the product
Die Pastel Partner V19 Intermediate kursus se een-tot-een prys is R10 000 en kan aanlyn betaal word.

Die kursusfooi sluit in:

Handleiding wat gebruik word tydens opleiding (dit word u eiendom sodat u dit altyd kan gebruik as verwysing)
"Educational" Pastel program wat op u eie rekenaar gelaai word en waarop u die kursus kan oefen
Een-tot-een opleiding deur 'n opgeleide, geregistreerde Pastel Onsite Trainer (mits dit binne 'n radius van 150km vanaf Heilbron in die Vrystaat is)
Eksamenfooi
Sertifikaat

Die kursusaanbieder is 'n gesertifiseerde, geakrediteerde Pastel Onsite Trainer. (Sertifikaat as bewys op aanvraag beskikbaar)

Indien u oor 'n redelike rekenaarkennis beskik en ook 'n bietjie boekhou (Rekeningkunde) ondervinding het, kan u die Pastel Partner kursus as 'n self-studie projek aan pak. Die V19 se self-studie prys is R4 000. Dit kan aanlyn bestel en betaal word.

Selfstudie sluit die volgende in:

Handleiding wat nodig is vir die opleiding (dit word u eiendom sodat u dit altyd kan gebruik as verwysing)
"Educational" Pastel program wat u self op u rekenaar laai en waarop u die kursus kan doen
E-pos en Whatsapp hulp van 'n opgeleide, geregistreerde Pastel Onsite Trainer terwyl u self deur die handleiding werk.
Eksamenfooi
Sertifikaat

Daar is nou nog 'n derde opsie ook beskikbaar - LIVE ONLINE TRAINING! Om dit te kan doen benodig jy 'n goeie internetkonneksie en 'n rekenaar met 'n webcam en mikrofoon. Ons skeduleer dan 'n tyd vir 'n ZOOM meeting en op daardie manier bied ek die kursus vir jou aan oor die internet - so goed asof ek langs jou sit! Hierdie opsie kan ook aanlyn bestel word - Kliek hier.

Kontak ons gerus vir meer inligting.
Price
4000
Contact with supplier