Nethania Kleuterskool / Nursery School

Nethania Kleuterskool / Nursery School
About the product
Ons benadering:

Kleuterskool is 'n tyd vir kleuters om hul liefde vir leer te koester en hul algemene kennis, sowel as hul belangstelling in hul omgewing te verbreed.

Gedurende die eerste vyf jaar van 'n kleuter se lewe word hul denk-patrone vasgemaak, wat uiters belangrik is vir die brein verwerking-spoed van inligting - 'n vaardigheid wat vir die res van hul lewens tot hul voordeel sal strek. Ons skool se uitstekende personeel tot kinder-ratio laat ons toe om behoorlik hieraan aandag te gee.

Ons daaglikse terugvoerings-program help verseker dat beide jy en ons altyd weet wat in jou kleuter se lewe aangaan.

By Nethania Baba tot Voorskool Akademie verstaan ons dat, alhoewel 'n kleuter se vordering en oorgang van kleuterskool na laerskool die doel van kleuterskool is, is dit net so belangrik om vryspel en verbeeldingsvlugte te stimuleer. Die integrasie hiervan met akademie, is dus een van ons fokus-punte.

Jou kind spandeer gemiddeld tussen 45 en 55 ure per week by ons, daarom neem ons ons verantwoordelikheid baie ernstig op.
Price
R 3 770.00 pm
Contact with supplier
BACK TO TOP