Reviews of NURITE ROOFING & BUILDING SPECIALISTS - Bloemfontein

Here you will find reviews about NURITE ROOFING & BUILDING SPECIALISTS. All reviews are checked and confirmed by our administrator, so these reviews you can trust.
1 Review
1.0
 
Write a Review
1.0
DISASTROUS*****!!!
In Maart 2019 het ek Nurite Roofing gekry om my huis se dak te verf, los sinke vas te slaan en te seel vir R27 000. Hulle het die werk gedoen en alles het reg gelyk, totdat dit weer hard begin reen het.  Dit het ingereen en ‘n groot deel van die plafon het ingeval.  (Dit het NOOIT ingereen voordat Nurite die dak herstel het nie).
 
Ek het intussen gesien dat die dak weer roes (9 maande nadat hy dit geverf het – hy het ‘n waarborg verskaf dat die dak JARE sal hou!)  Ek het die eienaar, Nico Killian, gekontak en ons het ‘n afspraak gemaak, wat hy NIE nagekom het nie.  Toe ek hom uiteindelik daar kry, het ons ooreengekom dat hy die dak weer sal seel en die HELE dak oorverf.  Intussen het ek ‘n ander bouer gekry om die dak te seel, aangesien dit nou reenseisoen is, en NURITE  kom nie uit om die werk reg te maak nie.
 
Op die dag wat hy veronderstel was om die werk te kom doen, het hy WEER nie opgedaag nie.  Uiteindelik het hy die werk kom doen, die dak weer geseel waar dit ingereen het en NET die gedeelte oorgeverf waar die dak gelek het.  Glad nie wat ons ooreengekom het nie!!!  Toe ek hom bel om dit te benavraag, sê hy dat hy nou KLAAR is met die dak en NIKS verder gaan doen nie.  Net nadat hy daar gewerk het, het dit gereen en WEER het dit ingereen.
 
Intussen het dit my nog R10 000 gekos om HUL probleem reg te maak, EN die plafon moet weer vervang word.
PUBLIC USER
This review is untruthful and was reported to Yellosa for further investigation. No response was received up till now. Please remove the review.

BACK TO TOP